Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 17 NOVEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTEL

Daine Pretorius, ZR6DRP, is om 03:20 Woensdagoggend 13 November 2013 oorlede. Hy was 29 jaar oud en sal deur sy vriende en familie gemis word.

Ons dra ons simpatie aan sy familie oor.

(Stilte)

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

VOLGENDE SARL@HOME FOKUS OP OPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE
SUID AFRIKA SE DERDE SATELLIET HIERDIE WEEK GELANSEER
QSL SAKE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

VOLGENDE SARL@HOME FOKUS OP OPPERVLAKMONTERINGSTEGNOLOGIE

Bespreek nou vir die volgende SARL@home en oorwin jou projekvrees met oppervlakmonteringstegnologie by die volgende SARL@Home. Die projek sal deur Frik Wolff, ZS6FZ by die SARL Nasionale Amateurradiosentrum op 30 November vanaf 09:00 - 13:00 aangebied word.

Koste beloop R150 en sluit die onderdele wat benodig word vir die bou van 'n FM sender in. Dit kan gebruik word om jou amateurradioklank na draagbare FM ontvangers deur die huis te herlei. Dit sluit ook 'n KS in met tutorial, stroombane ens. Ni-Lede betaal R250.

Bespreking is noodsaaklik aangesien slegs 20 deelnemers gehuisves kan word. Jy sal jou eie soldeerstasie met dun punt, handgereedskap en vergrootglas moet voorsien. Die SARL het ook 'n aanbieding op vergrootglase indien jy een sou wou aankoop. Volledige besonderhede is op die registrasievorm op die SARL webwerf beskikbaar en jy kan ook die status van jou berspreking daar bevestig.

SUID AFRIKA SE DERDE SATELLIET HIERDIE WEEK GELANSEER

Suid-Africa se derde satellite, die eerste Kubussatelliet , wat deur student van die Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie gebou is, sal op 21 November gelanseer word. Die eerste seine wat uitgestuur sal word na verwagting plaasvind wanneer dit op Donderdagoggend oor Suid-Afrika wentel. Stem jou 70 cm handradio op senderontvanger in op 437,345 MHz. Indien jy van die seine hoor, stuur assseblief ‘n e-pos aan saamsat@intekom.co.za met die besonderhede.

Die lansering vanaf die Yasny lanseerbasis in Rusland sal lewendig op die CPUT webwerf herlei word. Met mates van 10x10x10 cm en ‘n massa van 1,2 kg is hierdie kubussatelliet 100 maal kleiner as Sputnik, die eerste satelliet wat gedurende 1957 die ruimte in gelanseer is.

Steeds onder die projeknaam ZACUBE-1 bekend is hierdie enkeleenheid geskeduleer om aan boord van ‘n Russiese vuurpyl saam met die VK se FunCube en ander kubussatelliete gelanseer te word.

Die hoofdoelwit van hierdie satellietprojek is die opleiding van nagraadse student in satellietstelsels. ZACUBE-1 dra ‘n HF baken vir die karakterisering van die Hermanus Magnetiese Observatorium se radarnetwerkantenna in Antartika. Dit opereer op 14 099 kHz. Hierdie baken kan ook gebruik word om ander stasies in die SuperDARN netwerk op versoek te karakteriseer. Indie so versoek ontvang word sal CPUT grondstasie ‘n toets op die aan boord dagboek skeduleer om die baken oor die betrokke DARN antenna te aktiveer. Die baken het ook ander toepassings vit die amateurradiogemeenskap van Suid-Afrika. Dit kan gebruik word om antennaontwerpe te toets en leerders deur skoolprojekte in te lig oor ruimtekommunikasie en satellietwentelbane.

Die ruimtetuig het ‘n drie-as kontrolestelsel en maak gebruik van ‘n eenvoudige megnetiese orientasiestelsel wat deur die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel is. Die dravrag sluit ook ‘n bevels en kontrole senderontvanger op die 70 cm en 2 m amateurfrekwensiebande in. ‘n Klein kamera is ook ingesluit.

Suid-Afrika is ook betrokke by twee ander kubussatellietprojekte. Dit is dsie internasionale QB50 projek en die SA AMSAT KLETSkous. Die Universiteit Stellenbosch en die Skiereiland Universiteit vir Tegnologie bou ‘n satelliet as deel van die QB50 projek. Hierdie projek word gelei deur ‘n consortium organisasies onder die von Karman Instituut (VKI) in Brussels. Die projek is reeds drie jaar aan die gang en verskeie werksgroepe was gedurende hierdie tyd werksaam. Hierdie werksgroepe het aandag gegee aan die kies van die beste intrumentasie, wentelbaandinamika en kommunikasievraagstukke.

Die eerste seine van FunCube sal ongeveer op dieselfde tyd as die van ZACube-1 op 145,935 MHz BPSK en GG uitgestuur word.

Professor Robert van Zyl het gesê: "The satellite carries a high frequency beacon that serves as an active radio source orbiting Earth. The radio signal will be received at our ground stations and from interpreting the direction from which the signal is received, we can deduce the propagation properties of the ionosphere,"

ZACUBE-1 sal in ‘n wentelbaan met ‘n hoogte van 600 km geplaas word en ook gebruik word vir die demonstrasie van tegnologie.

Met dieselfde kraggebruik as die van ‘b 5-watt gloeilamp sal ZACUBE-1 elke dag omtrent 15 maal om die aarde wentel met die hoofdoelwit om ruimteweerdata vir SANSA te versamel.

Aan boord sal ook ‘n 20 m GG baken wees. Radioamateurs word aangemoedig om terugvoering oor seine wat ontvang word te gee.

Volledige inligting oor frekwensies en wentelbaantye kan vanaf die F’SATI webwerf by www.cput.ac.za/fsati verkry word.

LIGANUUS

RTA2013 BOUSTEL EN KS NOU BESKIKBAAR

Voorraad van die 2013 RTA boustel en KS is vanaf 2 Desember gereed vir versending. Die boustel en KS skyf kombo is beskikbaar teen R250 elk wat posgeld en verpakking insluit. Die KS skyf alleen is teen R70 beskikbaar. Die bestelvorm is op die SARL webwerf www.sarl.org.za beskikbaar.

QSL SAKE

Hier is ‘n eenvoudige riglyn vir verantwoordelike QSL roetine. Vra elke keer aan jou kontak of indien jy aan hom ‘n QSL kaart stuur hy dit kollekteer en hoe.

Indien jy nie QSL nie, wees manierlik maar eerlik. “dankie, maar nee dankie” is al wat dit vra. Moet asseblief nie se dat jy QSL nmaar dit nie doen nie of die ander person se vriendeleke aanbod ignorer nie. Maak asseblief jou QRZ.com QSL inligting baie duidelik bo aan die bladsy beskikbaar. Hou die inligting op datum.

Daar is ongeveer 340 radiolande in die wereld, maar slegs 178 het erkende IARU buro’s. Hiervan is 22 tans gesluit. Om hierdie rede word versoek dat jy seker maak dat lande waarna jy QSL aktiewe QSL buro’s het.

Vra ook jou kontak of hy ‘n buro QSL kaart kan ontvang. Dit is byna sonder uitsondering ‘n lede-alleen voorreg.

Die korrekte grootte van ‘n QSL kaart is 90mm x 140 mm en het ‘n massa van minder as 4 gram.

VERTALERS VIR SARL-NUUS

Amateurs wat bereid is om met die vertaling van berigte vir SARL Nuus te help word versoek om asseblief met Louis Kirstein, ZS1LK, te skakel. E-pos hom by lsk@xnets.co.za

KLUBNUUS

PRETORIA AMATEUR RADIOKLUB MEGA VLOOIMARK 7 DECEMBER 2013

Die laaste ZS6PTA Mega Vlooimark vir 2013 word op Saterdag 7 Desember vanaf 08:00 tot 11:00 by die Pretoria Motor Klub in Silverton gehou. Almal is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak Almero, ZS6LDP op 083 938 8955.

WESRAND AMATEURRADIOKLUB SNUFFELMARK

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 30 November 2013 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Geoff ZS6GRL 082 546 5546.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonvlek telling hoog is maar dat die sonaktiwiteits vlak matig is. Sonvlek AR1897 het 'n "beta-gamma-delta" magneet veld wat genoeg energie vir M-klas fakkels huisves. Verder produseer nie een van die nege sonvlek groepe wat van die aarde af sigbaar is enige ernstige sonfakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 120.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar mag selfs 'n paar 6 m openinge gedurende die vroëe aand wees.

Besoek gerus die nuwe webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


DAGBOEK VAN GEBEURE

16 en 17 November - SARL Nasionale Velddag
25 November - Laaste dag vir instuur van logstate vir die Nasionale Velddag
30 November - High Altitude Balloon Lansering van Klerksdorp lughawe tussen 06:00 en 08:00.
30 November - SARL@Home by die Nasionale Amateurradiosentrum.
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
28 Februarie 2014 - Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003